Monday, May 09, 2005

A Marital Expedition to the Dark Continent

"Hello Marco, hoe gaan dit? Hoe was julle troue gewees? Die Kaap is nog net so mooi soos altyd, ne'?"

Click on the link for a picture-story of our South African wedding-trip:
  • South Africa Pics


  • Al ooit in 'n situasie gewees waar dit wat jy wil deel nie in die tydgleuf pas nie? Vyftig stuks gedagtes wat terselftertyd wil uitborrel en dreig om jou soos 'n stotterende swaap te laat lyk. Dan kom jy halfpad deur jou eerste sin tot besinning, jou brein gooi handbriek aan en jy mompel gefrustreerd 'n enkelvoudige "Dit gaan goed en dit was lekker gewees, dankie." En volstaan daarmee.

    So baie wat in 'n kort tydjie gebeur het. Verwyte is min, net die tyd wat so dêm kort was, die kuiertyd wat net so afwesig was, die Kaap wat ek nie regtig kon geniet het nie, die geweldige gerondjaag vir 2 Kaapse weke, al my goeie ou vrinne wat nie behoorlik gegroet kon word nie, die alleentyd met my Pa wat net nie kon nie, my Ma se kos wat ek steeds mis en die enkele Castle wat nie die 2 jaar-afwesigheid se dors geles het nie.
    Bo dit alles staan die beeld van my pragtige bruid in haar trourok op Llandudno se sand egter soos 'n watermerk helder op die agtergrond. Dit alleen het dit alles die moeite werd gemaak.

    Dit was aanvanklik werklik moeilik om 'n "droomtroue" te reel vanaf die anderkant van die aardbol. Met absolute Genade van bo het ons vir Sue raakgebel en as wedding planner was sy ongelooflik. Sy had 'n enorme las van ons skouers gehaal en was ons hande en oge in die Republiek.
    Die ontmoeting met my ouers het goed verloop. Hoe jammer egter dat interkulturele kommunikasie-kursusse nie ook in Afrikaans beskikbaar was nie... Amerikaners praat nie so goed Afrikaans nie en in die Kaap is dit blykbaar 'n moeilike begrip. Dit het dinge vir my soms ongemaklik gemaak, veral omdat my geliefdes en vrinne nie altyd hulself in die rooitaal kon/kan wees nie. Tussen twee vure.

    Op ons troudag het soveel verkeerd geloop en is ek herinner aan swak Afrika-diens. Gelukkig het die gaste nie van gans of water geweet nie, en ook maar beter so. Musiek, tafels, die program ens ens ens. Hello!? Ons het maar gesweet!
    My groot verwyt was dat ek my Speech nie gedoen het nie. Dit wat ek gesê het was doelbewus die basiese, want die gemoed was maar swaar. Daar is baie wat in 2 jaar opgebou word om te sê aan mense wat baie naby aan jou gegroei het. En daar is nie tweede kanse nie. Ek is baie spyt daaroor.

    As for the rest: We'll HAVE to come back for an extended holiday and a SA roadtrip. Opportunities were very limited to show my beautiful American our wonderful country and that simply cannot do.

    Watch this space!

    #1. Foreigners in a Wonderful Land


    The longer you stay in Taiwan, the better the chance that you'll contract the well-known Asian flu. Not the lethal kind, but the kind that makes you fall in love with the variety, endless movement, exotic tastes and friendly people of this tiny island nation.

    We look back on a wonderful time...

    To view some of our Taiwan-pics, click on the link below:

  • Taiwan Photo's