Wednesday, February 15, 2006

Ontvlugting van Valentynsdag

Valentynsdag is waarlik die versinnebeelding van kapitalistiese opportunisme. Nerens is dit meer waar as hier in Florida nie. 'n Wonderlike geleentheid nie net vir restaurant-eienaars en verkopers van verbruikersprodukte nie, maar ook vir die flinke middelklas entrepeneur om sy beursie te vul.

Desondanks is dit moeilik om nie deur die soms oorweldigende vlaag advertensies meegesleur te word nie. Ek probeer steeds vir Sarah oorreed dat ons 'n eie datum vir Valentynsdag moet kies en so die beurende, drommende kopersfanatiese gepeupel kan vermy.
Makliker gesĂȘ as gedaan. Of is dit?

Behoeftig aan 'n uitkomkans beraam ek en vrint James Fox toe gis'traand vir die twee vroue 'n piekniek langs die meer. Onder die skitterende skemerblou, by kerslig, glimmende water, die oerkop van 'n waterskilpad wat loer, keurig bereide disse uitgepak op die tafel, rooiwyn, samesyn.
Nie 'n siel in sig nie.
Stilte.

Diep dankbaarheid gisternag tydens gebed vir 'n eenvoudige gawe soos Liefde.

Pic: Our friends Jess and James Fox, Valentine's dinner, 2006.

No comments: