Tuesday, September 26, 2006

'n Aand met 'n Ander Kleur

Die afgelope paar weke werk ons hard en kom laat tuis. Die werk-huis-eet-tv-slaap-rut wat almal sekerlik al ervaar het.
Toe verras Sarah my vanaand met kaartjies na 'n optrede van Sonic Flood. Nog nooit van hulle gehoor nie, maar dan het ek ook nie geweet wie Josh Groban was voor Sarah my verlig het nie.
Ek het gedog ek is te oud vir konserte, maar die Amerikaners mag maar. En van die worship-songs wat ons al in my SCAS-dae gesing het, het hul oorsprong by hierdie kwaggas.
Die groep is ook ten nouste betrokke by Compassion International, waarby ons onlangs aangesluit het. Beide van ons sal more alles los as ons vir hierdie organisasie kan werk.
In retrospek 'n great aand om weer perspektief te kon kry.

No comments: