Wednesday, October 25, 2006

Aan Huis By Die Joubert's

Nou onlangs had ons weer 'n heerlike kuier by die Jouberts op hul forelplaas.
Melanie het my kniege laat knak met 'n fantastiese bobotie-gereg. Dit laas in die Republiek gesmaak, skuins duskant vier jaar gelede.
Ons vroue skud ook steeds net hul koppe vir ons belaglike ou grappetjes. Tog veel leuk.

No comments: