Friday, December 14, 2007

'n Taaie Tameletjie

Die einde is in sig. Dit voel soos die laaste 3 km van 'n halfmarathon wanneer elke spier in jou lyf begin saamkreun en kla dat dit tyd is om die skare te systap, erens op 'n gemaklike sofa te gaan neerplof met 'n koue bier, en bewegingloos daar te vertoef wyl jy re-runs van die afgelope S14 beskou.
Ek het 4 maande se intense, kraakvars, maagdelike M.B.A.-materiaal oor om kaf te draf voor ek kan ontspan. Dit raak nou lank.
Sedert die begin van die mnd. is dit Finansiele Bestuur en ai, dis so 'n interessante EN onontbeerlike veld. Ongelukkig het Jaap hier (die uwe) skrapse Finansiele agtergrond, en ek suffer. Klastyd is dit soos om molasses te eet - vir 4 uur lank!

Hou bene hou!

No comments: