Sunday, July 06, 2008

Treat Carefully - Turtles Nesting!






Wat is die kans!?!
Die oggend na die aand van die Fourth of July (Nag van die Lang Vuurwerke) gaan stap ons op die strand. Hierdie keer nie Blouberg se strand nie, wel Lauderdale-by-the-Sea, Fort Lauderdale, Florida. Bestrooi van die vorige nag se vuurwerk-geweld, nagedagtenisse aan onwelvoeglike drankmisbruik, harde reen, hoogwater, en oseaan-gekotsde seegras oralsoor.
Vroegoggend.
Tel 'n bierbottel op mits iemand dit dalk later raaktrap en sien toe die gedoente wat afspaander branders se kant toe.

Wraggies 'n seeskilpadjie!!!
Die kans is omtrent 1 in 100 000. Magic! Dit was onbeskryflik om dop te hou hoe een oorlewende seeskilpadjie (sy nes is omgewoel en raakgetrap deur vuurwerk-toeskouers die nag tevore)afsukkel water toe. Elke voetspoor in die los sand is soos 'n berg vir hom. Maar die outjie is haastig.
Dit was 'n fantastiese pasella vir 'n dag wat mooi uitgedraai het verder ook.

No comments: