Tuesday, September 20, 2005

Our American Roadtrip (Afrikaans)


Skoonma Robin het 'n geweldige familie REUNIE gereel sodat almal haar nuwe skoonseun en skoondogter kan ontmoet (Sarah se broer het ook onlangs getrou). Beide families is oorspronklik van Upstate New York, waar die meeste Long's steeds gewortel is op plase. New York was dus die voor die handliggende plek vir die reunie.
Dat die reunie egter in sy totaliteit hier vanaf Florida gereel is, en as in ag geneem word dat daar sowat 70+ mense verwag is, spreek dit boekdele vir skoonma se logistieke en organisatoriese vemoeëns.

Die roete: 48 uur Noord soos die kraai vlieg. Na 'n 2 dae-vlug vanaf Taipei, via Osaka, Honolulu en Atlanta, sou ek dus baie vinnig my eerste ernstige voorsmakie van die VSA kry. Florida, Georgia, Suid-Carolina, Noord-Carolina, Virginia, Wes-Virginia (ja, van Marlboro-faam!), Maryland en die hele lengte van New York - noem 'n Oostelike staat, ons is daardeur.

Kliek hier om my bewyse te sien! :

My indrukke van Amerika:
Verstaan mooi - ek kyk steeds deur die bril van 'n baie patriotiese Suid-Afrikaner en Kapenaar, selfs na meer as 3 jaar uithuisig. Daardie 3 jaar het my net 'n wyer visie en 'n waardering van ander kulture gegee wat ek vroeër kortgekom het.

Amerika is 'n bitter mooi land. Wat my die meeste opgeval het, is die oordadige oormaat. Die oormaat aan natuurskoon, die oneindigende woude, die oormaat water, riviere, mere, die moerse porsies kos, die reuse motors op die 3-na-5-baan snelweë. Ek het in 'n week in die NY'se platteland meer diersoorte gesien as in my hele leeftyd in die Kaap, roadkills ingesluit!
Kommersialisasie is al jare hier aan die gang en derhalwe is die onbekende nie heeltemal vreemd nie. Jy verwag half om 'n McDonald's langs die Exxon petrolstasie op die hoek te sien. In ander woorde - daar is nie vele misterie aan die kultuur hier nie. Diversiteit het verlore gegaan weens die groot franchises se kompetisie. Burger King, McDonald's, Wendy's en Kentucky verkoop almal hamburgers. Derhalwe is 'n hamburger wat jy sal eet. Daar is nie veel varitiet nie. Dis in elk geval my eerste indruk. Ek kan sonder hierdie aspek van die Amerikaanse kultuur klaarkom.

Mense is maar mense en my nuwe familie herinner my baie aan goeie ou boere ooms en tannies afi plaas. Goeie hartlike christen mense (Met funky aksente!). Ek laaiks dit sterk. Soos groen verjaarsdag-koeldrank op 'n warm dag.
Die Amerikaners oor die algemeen: ek't nog nooit soveel werklik vet asook getattoeerdes gesien in my dag des lewe nie.
Ook my eerste rednecks en Amish ontmoet. Rednecks, vriende, is soos die common, zeff, tapid Benoni myn-pyle waarmee ons altyd op skool gespot het. Eenders vanaf die afgeskeurde hempsmoue, tatoos, daktyl-haarstyle tot die opgejazzde, opgewarmde, rooi-geverfde tjorre met die hoë-amp speakers wat die kattebak vollê.

Sarah het 'n klomp oulike neefs en niggies en baie interessante familie. Een niggie lyk op 'n haar soos 'n jarelange vriendin, Elzet de Vries. Weird! Wou die heeltyd Afrikaans met haar praat.

Die lang tog soontoe en terug het my GENOEG kans gegee om my skoonouers te leer ken en ook om my vrou in haar familie-verband te ervaar. Alles baie goed en nodig en ek sal dit weer doen.

Nag ou grote.

1 comment:

Anonymous said...

DewsAbseddY
[url=http://healthplusrx.com/turmeric-benefits]turmeric benefits[/url]
SoobiaFip