Tuesday, October 25, 2005

Die Mooiste Mooiste Taal...

Saterdagmiddag stap ek ons huis binne, met my bloed wat vinnig bruis, my stem hees geskreeu, my hart vuurwarm en 'n onvermydelike glimlag op my bakkies.

Ek het vroegoggend die motor se neus Noord gedruk op die VS1 en geneig in die rigting van Fort Lauderdale (55 myl ver) - die Kalahari Bar my bestemming. Want sien, hulle bedien Castles, hoenderpastei, daar hang 'n kwaggavel teen die muur en meer belangrik - daar's 'n grootskerm en satelliet tv. Dis mos Curriebeker-finaal en Vrystaat speel!

Wat 'n ongelooflike wedstryd! En die toeskouers om my. Full house. Eerste keer wat ek Afrikaans hoor, sien en praat sedert einde Junie. Ek en die spul boere om my was in 'n japtrap op eerstenaam-basis. En toe ek uiteindelik daar uitstap, toe weet ek weer wie ek is, en waarheen ek eendag wil terugkeer.

Glashelder. In technicolor. In Afrikaans...


Naskrif
Enkele dinge wat ek geleer het Saterdagoggend:
- Daar is slegs een Staat en dis die Vrystaat.
- Bloemfontein is nog Bloemfontein, maar Pretoria is nou Tswane'.
- Blou Bulle eet nou wel van die vloer af.

Nag ou grote

3 comments:

Anonymous said...

marco,
hoe sit jy my nou op hierdie vrydagmiddag in 'n verskrilike heimwee in!!!
ai, jul troufotos is stunning en dit was so lekker om 'n paar bekende gesigte te herken. sal later lank mail.

Ek is oppad kenting toe vir die naweek - church retreat. steeds verlief en verlore op my Kanadees. sal fotos en detail mail na die naweek. sal regtig probeer om in kontak te bly!!

liefde uit Taiwan
helena

Anonymous said...

Ai, maar ek is nog beindruk met jou mooi Afrikaans! Ek wonder hoe gaan dit met die Engels.

Het gou by julle blog gaan inloer - great.

Groete uit 'n warm SA.
Andre

Anonymous said...

die heimwee wil my nie meer vat nie. dis amper soos jy sien skoonheid, maar jy ervaar dit nie meer nie... iewers moet daar fout wees en ek beny jou dat jy nog heimwee kan ervaar...
gerard
hsinchu