Saturday, March 11, 2006

Kudos aan Kuduklub

Always something new out of Africa!

Die afgelope vier jaar reeds kyk ek en die mede-burgers slegs rugbywedstryde (internasionaal en S12/14) en krieket-toetse (raar) wat ons in Taichung kon sien. En dit by die enkele kroeg met sateliet-TV wat M-NET/Fox opvang. Wat beteken die boere moes tydens on-christe-like ure opruk om die Vader-land te onder-steun.
En die afgelope 8 mnde in Miami slegs die Curriebeker-finaal, nadat ek 55 myl ver gereis het na Florida se SA Oog in Fort Lauderdale. Uitgehonger, seg ek.

Noudat ek ingeskryf is op Kuduklub, probeer ek opmaak deur Vrydag en Saterdagnagte die direkte S14-uitsendings te verslind. Dis 'n lekkerte wat die Kaap effens nader laat voel.
Tegnologie rock.

No comments: