Tuesday, March 07, 2006

Padvarke in Miami

Motorbestuurders in Miami laat my gereeld huistoe verlang.
Gister verander ek van laan, voor 'n Dodge bakkie in wat teen 70 myl/h in die 45 myl/h area wou verbyskiet. Maar die Kubaan was darem baie aangenaam en het my - vuis in die lug as vredesgebaar - toegewens om vrugbaar te wees en te gaan vermeerder. Net nie in daardie woorde nie...

No comments: