Thursday, April 13, 2006

Vakansietyd en Tyd vir Dink

Dis 6uurDonderdagvakansiedaglangnaweekoggendmoervroeg hier en ek wag vir 'n vriend om my te kom oplaai - ons gaan lyne natmaak hier naby by 'n meer.
Maar daar gaan nie stowwerige droeƫ rooi grond wees nie. Ook nie lang geel gras, blou berge, bokmis, 'n kenmerkende Afrika-stofreuk, wingerde of 'n ongelooflike rooi son wat vanuit die aarde se buik opstyg nie.
Dis lekker hier in Florida, maar soms proe ek nog die soet na-smaak van 'n ou Bolandse bestaan.
But wait, here comes my fishing partner. "Morning Sirree! Let's go stir up the Hammock's water over yonder...."

No comments: