Tuesday, April 17, 2007

World Cup Cricket

Dis die lekkerste lekker om soggens met jou dagtake op kantoor te begin en heeldag die Live kriekettelling erens in 'n hoek van jou rekenaarskerm te hĂȘ.

Die Proteas se geploeter is weliswaar die tipe kyk/leesstof wat maak dat ek my toebroodjies byt en per abuis na my kollegas hap, maar dan is dit makliker om jouself te verdiep in werk - iets waarvan ek tot oor my ore toe van vol is. (Dis fantasties, ek kla g'n nie!)


Pic: (From cricinfo.com) Die Kiwi's het baljaar wyl SA weereens lyk of hulle ten spyte van 'n oorvloed talent nogmaals gaan vou by NOG 'n Wereldbeker. More (Dinsdag) dan D-Dag vs. Engeland.

No comments: