Tuesday, September 18, 2007

Holderstebolder

Ek teken apologie aan vir enigeen wat die moeite doen om ons Blog te besoek en niks nuut hier gevind het die afgelope week nie.

Dis mirrel-van-die-kwartaal-sindroom, vermoed ek. Ons is douvoordag op, word 'n tweede keer op kantoor wakker na die eerste koppie Kubaanse koffie (- en wonder hoe ek de vy ek daar gekom het!), is besig, middagete om 'n kontak te "kultiveer", neig moeg saans huistoe, spitsverkeer-gefrustreerd, honger, oefen, groet, kuier, kook, swot, en raak voor die TV aan die slaap op mekaar se skote, net om met 'n ruk wakker te word en te besef my rooibos is yskoud en Jay Lenno vertel grappe = 11:30-00:00!

Real life that happens in between the weekend and travel pics, I guess.
Sarah vors Meestersgrade na in die Noorde. Sy is Junie klaar met haar sewende skooljaar en ons vertrou dis dalk haar laaste as werknemer van die skoolsisteem.
Ek woon hierdie week 'n Nasionale Grants Writing werkswinkel by deur die Universiteit van Miami, vroeg tot laat, maar die materiaal hou my konsentrasie gevange. My huidige studie-blok is BestuursEtiek. 'n Tameletjie - nie die holistiese prinsiepe nie, wel die realistiese studiegevalle.

Nag ou grote.

No comments: