Saturday, November 15, 2008

South African Camping Expedition to the West Coast

Vroeg November ruk ons vier Suid-Afrikaanse gesinne en die' se klein snotneusies toe op Weskus toe op 'n kamp-ekspedisie - in trotse SA styl. Die voorrade boerebeskuit, kaneelsuiker-poedings, moerkoffie, Amarula, braaihout (let op: nie Florida se kruidenierswinkel-kooltjies nie), volgelaaide Toyota-bakkies, en rugbytruie was ingepak en reg vir die naweek.

Florida se Weskus is nie die Kaapse Weskus nie. Laasgenoemde bring nostalgiese ou herinneringe terug van 'n plat wereld - van wilde, droe terrein en sterk winde wat die see se aroma ronddra, witgekalkte vissershuisies en kreef. Hier in Florida, tussen Fort Meyers, Tampa (Noord) en Napels (Suid) is die woude sag en groen, die oorvloed vars water opmerklik, die see sonder plat soos 'n sopbak se bodem, en die reen genoeg en sag. Inderdaad het dit die eerste dag met ons aankoms aanhoudend sag gesus, net tot alles goed nat was en die geween en gekners van tande hoorbaar geword het vanuit die vroue se oord.

'n Foto is mos meer werd as 'n duisend woorde - gaan loer gerus na die fotos van die mooi omgewing en kamp wat ek op Facebook geplak het:
http://www.facebook.com/album.php?aid=66024&l=7207c&id=526458125

Ons ontmoet toe wraggies 'n groep van 8(!) Suid-Afrikaanse gesinne wat op dieselle rivier se walle kamp en saam gaan kyk ons toe hoe die Sharks die Curriebeker vir die eerste keer in 10 jaar wen. Fantasties! Wat 'n klein wereldjie.

Ek het laas as student so na stroois geruik. Lekker herinneringe.

No comments: