
Kalaharibar in Fort Lauderdale vertoon altemit 'n heruitsending van die naweek se geploeter op Nuweland. Vyftig myl en 'n oulike klein tropiese storm later vind ek my toe in die mekka van die Afrikanerdom in Florida.
Die rugby was swak, die klandisie net effe, maar my teleustelling is grootliks gedemp deur my eerste Castle in jare!
Kort na halftyd het ek myself toe gewend na 'n gesellige Ierse "poeb" in die omgewing en 'n aanskoulike Holland/Portugal Wêreldbekerwedstryd gekyk.
(NS: Hierdie omgewing in Fort Lauderdale is langs die kus, en is saam met Key West die kern van die multi-miljard Dollar seiljag-gemeenskap in Amerika. Duisende SA'ers wat op seiljagte werk, het hierdie dorp as hul basis.)
No comments:
Post a Comment