Friday, June 01, 2007

Capitalism and the Freedom of Choice

Had 'n interessante debat vanaand in ons Ondernemings-Argitektuur-klas (korrekte vertaling?):
Een van die vier boustene van Kapitalisme is dan ook die Vryheid van Keuse wat ons as gebruikers van 'n wye verskeidenheid produkte het - en dit in die VSA, die grootste van die wereld se vryemarkstelsels. Maar die stelling blyk onakuraat te wees in sekere opsigte.

In Florida is daar slegs een elektrisiteits-verskaffer en in die Somer sal jy bars, maar jy sal betaal as kragverbruik styg en die prys verhoog. Geen keuse daar nie.
Daar is geen keuse tussen Florida se verskeie satellietTV-verskaffers (cable) nie en elke area word slegs deur een maatskappy bedien. Geen keuse daar nie.
Die vier groot motorversekeringsagentskappe in Suid-Florida (Florida se versekering is die 2de hoogste in die land.) se premies is almal banaal en die verskil in prys tussen die mededingers is in sente. Ini mini myni moe...
Die stygende petrolprys en die banale mediese versekering-kullery in hierdie staat is 'n dissertasie op sy eie werd.

Vryheid van Keuse blyk dus in vele opsigte bloot 'n illusie te wees.

No comments: