Thursday, August 02, 2007

Home Alone

Vroulief kuier hierdie week by die skoonouers in die Noorde, wyl ek die fort hou.
Ons hou nog uit hier. Saterdag was ons met sonsondergang strand toe, net om die sand bestrooi met rommel te sien. Miami se 80% immigrasie-populasie - as jy iets verniet kry, gaan jy nie omgee om mooi daarna te kyk nie. Dis derde-werelds. Ek verstaan heeltemal as Sarah as Amerikaner soms effe bitter voel.
My kampus word ook derde-werelds bestuur en die modus operandi hou nie meer tred met die al sterker-wordende kompetisie nie. Ons gly en ek ervaar groot teenstand teen enige van my nuwe besigheids-idees of projekte. My frustrasievlakke is hoog en min word bereik. Ek wil my dokumente in orde kry om nuwe werk te soek.

No comments: