Saturday, May 03, 2008

Employee Day on a Tiki Boat

'n Werksdag op 'n boot buite Miami met 'n kelkie in die hand, wyl die samba-dromme sing.
Foto: Die Afrikaanse Ontwikkelingsbeampte met die Kansellier en haar span.



Amerikaners doen alles uitspattig, volgens Afrika-standaarde beoordeel. Voeg daarby 'n stewige dosis Latino-kultuur-element en jy het 'n sukses-resep vir 'n tamaai werks-partytjie.
Ons jaarlikse Werknemer-Dag is vanjaar op 'n Tiki boot gehou - in hierdie geval meerendeels 'n drywende tropiese eiland, om die beskrywing nou nederig te hou.
Skaamteloos is daar eiland-kroee, 'n buffet ete, Bali-styl sofas en rusbanke, 'n "live" eiland-band en les bes, see-sand en kamma-gras.

Die kaptein het rondom die stad en die beroemde Suid Strand gevaar, en ons met skemer afgelaai by 'n bekende winkelsentrum.

Weens my dissertasie-voordrag die volgende oggend en my vlug die aand daarna, moes ek die gedans, gewuifery en gesellige atmosfeer met 'n kalmerende bedeesdheid benader. :-(


Die Samba-wurm loop op die Tiki-boot!




No comments: