Sunday, August 06, 2006

Same Same, but Different

Ek voel blessed.
Saterdag het ingesluit 'n pragtige strand, 'n heerlike braai, lekker SA vrinne, 'n goeie rugbytoets (skrywer se nederige mening) en my wederhelf terug aan my sy. Ek woon in die VSA en dis nie dinge wat normaalweg in dieselfde asem genoem kan word nie.
Grant en Megan Ninneman, asook Michael en Melanie Joubert is oor ons pad Gestuur is en dis kuiers wat beide Sarah en ek geweldig geniet. Grant is van Natal en Mike was 'n Kovsie, en ons het al drie "uitlanders" getrou. Ons drie kon Saterdag lekker lag oor ons enersydse huweliks-ervaringe en die kultuur-verskille tussen Afrikaanse vroue en hul Amerikaanse eweknieƫ.

No comments: