Wednesday, December 13, 2006

Vanmoore op kantoor gooi ek ouder-gewoonte my blik op die lewendige web-kamera-beelde op my skerm. Kaapstad in al sy eiewêreldse glorie, Tafelberg wat skadu gooi.
Herinner my aan Lucas Maree se woorde: "Want my huis is waar my hart is, en my hart is daar by jou. Selfs ou Kaapstad.... is teen jou gemeet, maar flou."

Dalk oor my ouers more hier aanland dat die nostalgie nou so effe wurg.
(Kiekie - 12/13/06, op ons Blog, Links - regterkantste kolom, "Cape Town Webcam Views".)

No comments: