Friday, July 13, 2007

Naweek-Dinge

My strot sit agter in my keel en die sweet tap my af soos ek my inspan om 'n week se werk in die laaste dag van hierdie week in te prop.
Na my studente middagete more vort moet ek my haas om my vlug te haal vanaf Miami na die O'Hare Internasionale Lughawe in Chicago. Ek's opgewonde - ek kuier die naweek saam met Schalk en Marlene Reynolds - Laaste 2x wat ek hulle gesien het was in Kathu op hul troue en toe in Llandudno op my en Sarah s'n. Gat biki kuier, dalk rugby kyk en miskien effe van die stad sien - als in Afrikaans.
Ek woon deur die week 'n nasionale konferensie by te Illinois Universiteit. Is DV Vrydag terug in die Suide.

No comments: