Tuesday, March 06, 2007

Tremendous Super 14 Weekend

My lekkerste klein plesiertjie tans is rugby. Alhoewel ek nie meer gereeld saam met vrinne om 'n regte braaivleisvuurtjie kan staan nie, verknies ek my in regte(!) sport, lees rugby en krieket.
Met die aanvang van die S14, sluit ek my deesdae Vrydag middagetes in my kantoor toe, want rondom hierdie tyd is daar altyd 'n LIVE wedstryd te kyk op Kuduclub!
Die afgelope naweek was daar min oor te moan - die beste rugby-naweek vir SA-spanne in die geskiedenis van die S12/S14. Nie een SA-span het verloor nie en 4 het inderdaad gewen! Die Bulle doen goed, die Leeus verras en is 'n plesier om te dop te hou en die Sharks speel wedstryde wat 'n dekade weg steeds om braaivleisvure bespreek sal word. Ruan Pienaar, jy's 'n trooper!
(Pic: Rugby365)

No comments: