Tuesday, May 08, 2007

Lug-en-See Skou - Son, Sand en WEG

Die laatoggend-hitte maak die oorlogskip in die verte deinserig voorkom, die sweet tap my af, die irriterende rap-musiek blêr onophoudelik vanuit die geledere van die hoop strandgangers erens in die voorgrond. Ek is min gepla!

Die oue agter ons lê oopbek en snork in die hitte, ons ham-en-bloukaas toebroodjies is pap en my bier is warm, maar watwou! Ek is min gepla!


My geleende WEG lê onaangeraak en rein in die piekniekmandjie en 'n belowende dag lê braak en wag. Afrikaans, son, see en nogmaals Suid-Afrikaanse nostalgie op vandag se agenda, my China!
My aandag is verdeel tussen die blou lug, die stilte wat enige oomblik aan skerwe gebreek kan word deur die F-16's se tienduisend(!?)-silinder straler-enjins, en my geleende Afrikaanse tydskrif. Ek wil niks mis nie...


(En Afrikaans rock!)
Kiekie: Me on F. Lauderdale Beach, with the aircraft carrier USS Kearsarge (LHD3) on the horizon.

No comments: